BSocSci (Hons) Sielkunde (UP);
MDIAC Spelterapie (UNISA);
PhD (Vroeëkinderonderwys) UP;
CCSA nr: SCO 0400
Wietske het in 2005 ‘n Honneursgraad in Sielkunde verwerf. Kort daarna
het sy die MDIAC graad in Spelterapie voltooi met haar verhanderling:
‘Sibbe van kinders met kanker se belewenis in die
gesinsdinamika na behandeling.’ Wietske het sewe jaar
ervaring as grondslagfase onderwyseres. Sy praktiseer in privaat praktyk
as spesialis berader met spesialisering in spelterapie tegnieke. Sy is
geregistreer by die Raad vir Beraders in Suid-Afrika.
In 2021 verwerf sy ‘n PhD graag in Vroeëkinderonderwys aan die
Universiteit van Pretoria met haar tesis: ‘Moedertaal-,
dubbelmedium- en tweedetaalonderrig: ‘n Verkennend-vergelykende studie
van driejariges se sosiale en emosionele ontwikkeling.’
Wietske het posisies beklee as waarnemende
voorsitter en bestuurslid van die Vereniging vir Voorskoolse
Opvoeding en Sorg (VVOS) en ondervoorsitter van die ‘Organisation
for Paediatric Support in South Africa’ (OPSSA). Sy was ‘n
vrywilliger vir ‘Operation Smile South Africa’ (OSSA).
Wietske skryf gereeld artikels, informeel en akademies, bied
werkswinkels en seminare aan en neem deel aan radiogesprekke.

|