Dr Wietske Boon
B.Socsci (Hons) Sielkunde UP.
MDIAC (Spelterapie) Unisa.
PhD (Vroeëkinderonderwys) UP.


Spesialiseer in die volgende aspekte ten opsigte van kinders:

Emosionele assessering
Het jou kind trauma ervaar en is jy onseker of hy/sy dit verwerk het?
Is jy onseker of jou kind emosioneel op sy ontwikkelingsvlak is?
Sukkel jou kind om sy/haar emosies te hanteer en te kommunikeer?

Emosionele ontwikkeling
Is jy bekommerd oor jou kind se reaksies op daaglikse gebeure?
Sukkel jou kind om sy/haar emosies effektief te kommunikeer?
Sukkel jou kind om sy/haar emosies te verwerk?

Gedragsprobleme

Is jy bekommerd oor jou kind se woede uitbarstings?
Ervaar jy jou kind as ongehoorsaam?
Is die skool ontevrede met jou kind se gedrag?

Sosiale vaardighede

Maak jou kind oogkontak?
Het hy/sy goeie verhoudings met maats?
Is hy/sy uitermatig skaam of teruggetrokke?

Verandering in omgewing
Is jy onseker hoe jou kind sal reageer op ‘n nuwe baba in die gesin?
Is jy bekommerd of jou kind gaan aanpas in ‘n nuwe skool?
Sukkel jou kind om aan te pas na verhuising?
Beplan julle om te emigreer en jy wil jou kind voorberei op die verandering?

Egskeiding
Is jy onseker hoe om jou kind voor te berei op egskeiding?
Is jy bekommerd oor jou kind tydens of na ‘n egskeiding?
Sukkel jou kind om die veranderinge weens egskeiding te aanvaar en verwerk?

Mediese toestande
Word jou kind in die hospitaal opgeneem, maar het ‘n vrees vir dokters en hospitale?
Is daar ‘n gesins- of familielid wat siek is en julle is onseker hoe om dit aan die kind te verduidelik?
Sukkel jou kind om die siekte van ‘n geliefde te verwerk en daarmee saam te leef?

Dood en die rouproses
Het jou kind ‘n geliefde aan die dood afgestaan?
Voel jy onseker hoe om jou kind voor te berei op die dood van ‘n geliefde wat terminaal siek is?
Is jou kind terminal siek en hy sukkel om dit te aanvaar en verwerk?

Kinders met spesiale behoeftes
Is jy bekommerd oor jou kind se emosionele ontwikkeling?
Het jou kind hulp nodig met die aanleer van sosiale vaardighede?
Ervaar die boeties/sussies aanpassingsprobleme as gevolg van ‘n kind se spesiale behoeftes?

Voorkomende intervensie
Is jy bekommerd of jou kind sekere situasies in die toekoms reg gaan hanteer?
Wil jy graag hê dat jou kind die nodige vaardighede aanleer wat hy in die toekoms gaan benodig?
Wil jy jou kind toerus vir die toekoms?

Ouerleiding

Het jy vrae wat jy graag met ‘n kinderterapeut wil bespreek?
Twyfel jy of jou ouerskapstyl effektief is?
Voel jy dat jy leiding nodig het in terme van opvoeding en ontwikkeling?

 

Skoolgereedheidsassessering

Dit word gedoen om vas te stel of die Graad R leerder gereed is vir die uitdagings van Graad 1. Dit is belangrik om vas te stel of ‘n kind skoolgereed is aangesien daar ‘n verband is tussen skoolgereedheid en akademiese vordering.

Die Skoolgereedheids Diagnostiese Assessering toets die volgende areas van ontwikkeling:

Sosiale- en emosionele ontwikkeling;

Fisiese- en grootmotoriese ontwikkeling;

Fynmotoriese koördinasie;

Visuele persepsie en -integrasie;

Wiskundige- en gesyferdheidsvermoë;

Liggaamsbewustheid en selfkennis;

Taal, kognitiewe denke en ouditiewe persepsie.

Na afloop van die assessering ontvang die ouers 'n volledige verslag van die resultate asook aanbevelings soos nodig om die kind voor te berei vir die begin van sy/haar skoolloopbaan.

 

Kontak my gerus indien u u kind wil laat assesseer.