Indeks van artikels op hierdie bladsy
Die jaar het skaars begin en jy sien jou kind worstel met die werk. Hoe maak ’n mens?
...........................................................................................................................................
Groepsdruk is die manipulasie deur ander mense, veral jou maats, om jou iets te laat doen wat jy self nie noodwendig wil doen nie. Soms is die groepsdruk baie subtiel sodat jy nie eers werklik daarvan bewus is nie! Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat ‘n positiewe invloed op jou gedrag het. ...........................................................................................................................................
Om deesdae kinders groot te maak, is nie eenvoudig nie, maar om bewustelik te leef, kan dit makliker maak. In ons gejaagde, moderne lewe is dit moeilik vir ouers om al die balle in die lug te hou en boonop tyd vir hulself, hul lewensmaat en kinders te maak. ...........................................................................................................................................
Hoe weet jy of jou tiener probleme het? Kenners maan dat tekens ernstig opgeneem moet word. ...........................................................................................................................................
Hulle krap in hul neus,val almal in die rede, smyt kos dat dit daar trek, skel, skree en slaan as hulle kwaad is en kan selfs daai splinternuwe melktandjies inspan om na jou hand te hap. Hoe leer jy jou Kwaaitjie Kabouter wat maniere en etiket is? ...........................................................................................................................................
Hierdie storie is een van 'n reeks stories wat handel oor hospitalisasie. Maagpyn in die boom handel oor 'n dogterjie wat met 'n maagvirus opgeneem word in die hospitaal. ...........................................................................................................................................
Hierdie storie is een van 'n reeks stories wat handel oor hospitalisasie. Oorpypies vir Ratie handel oor 'n seuntjie wat pypies in sy ore moes kry. ...........................................................................................................................................
Hierdie storie is een van 'n reeks stories wat handel oor hospitalisasie. Kino in die hospitaal handel oor 'n dogtertjie wat in die hospitaal behandel word vir bronchitis. ...........................................................................................................................................
Hierdie storie is een van 'n reeks stories wat handel oor hospitalisasie. 'n Operasie in die woud handel oor 'n seuntjie wie se mangels verwyder moes word. ...........................................................................................................................................
Die meeste skole hou hierdie tyd van die jaar merieteaande of prysuitdelings. Sommige leerders kan nie wag om vir hul ouers die uitnodigingsbriefie te gee nie. Ander weer, kom hangskouers by die huis, want weereens is hulle nie een van die groepie uitverkorenes nie. ...........................................................................................................................................
Het jou kind se gedrag verander nadat hy ‘n traumatiese ervaring deurgemaak het? Dit kan wees dat sy breinpaadjies aangetas is... ...........................................................................................................................................
Wat praat jy voor jou kinders en wat is oukei en wat nie? ...........................................................................................................................................
Hoe belangrik is roetine en voorspelbaarheid in 'n kind se lewe? In die meeste huishoudings is ‘n gewone weeksdag ‘n dolle gejaag tussen skool, werk, inkopies, kosmaak, bad-en slaaptyd. Jy probeer jou kind min of meer by ‘n roetine hou, maar soms werk dit doodeenvoudig nie uit nie. ...........................................................................................................................................
Hulle oortjies kan nie genoeg kry van stories nie en hul breintjies ontwikkel so vinnig soos mostertsaadjies wanneer hulle deel word van die fantasiewêreld wat stories oop maak. Vertel jy genoeg stories vir jou kroos? ...........................................................................................................................................
Onthou jy nog jou heel eerste werksdag? Moontlik was jy angstig, onseker of oorweldig of het jy gewonder of jy die pyp gaan rook. Dalk was jy skrikkerig oor die moontlikheid dat jy foute gaan maak omdat jy nog die nuwe omgewing moes leer ken. Onthou jy nog jou kind se eerste dag in Graad 1? Dalk onthou jy ook die opgewondenheid, onsekerheid en angs van daardie eerste dag van ‘n nuwe fase in julle lewens. Nou is jou kind in Graad 4. Wat ‘n groot aanpassing! Dit vergelyk dalk in ‘n mate met jou emosies van jou eerste werksdag of daardie eerste skooldag 3 jaar gelede. ...........................................................................................................................................
Ons is almal daarmee eens dat alle kinders aandag nodig het, maar hoe weet ek of die aandag wat ek gee voldoende is? Hoe en wanneer ruim ek tyd in om aandag aan my kinders te gee? Sommiges praat selfs van kwaliteit-en-kwantiteittyd. ...........................................................................................................................................
10 Wenke om die jaar aan te pak. ...........................................................................................................................................
Kan ouers te hard probeer om die perfekte ouers te wees wat superkinders grootmaak? ...........................................................................................................................................
Ons wil hê ons kinders moet veilig, gelukkig en gemaklik wees. Hulle moenie swaarkry nie. Maar die lewe loop sy eie loop... Daarom is dit belangrik om jou kinders van jongs af toe te rus vir die moeilike dae wat dalk op hulle wag. ...........................................................................................................................................
‘n Mens skrik jou boeglam as jy hoor jou kind het terapie nodig. Maar wat behels dit regtig? ...........................................................................................................................................
Ons kyk na die simptome en behandeling van obsessief-kompulsiewe versteuring by kinders. ...........................................................................................................................................
Dat daar ‘n groot verskil is tussen ‘n wegbreek-vakansie vóór die kinders en ‘n een ná die kinders is nie altemit nie. Haal so die meeste daaruit. ...........................................................................................................................................
Ouers het dikwels groot waardering vir die belangrike rol wat hul ouers in hul kinders se lewens speel, maar soms word grense ‘n probleem. Kenners gesels. ...........................................................................................................................................
Wat is die rol wat ‘n pa in ‘n tiener se lewe speel? Ansja Ferreira het met kenners gesels. ...........................................................................................................................................
Een dag is hulle nog oulik en die volgende oomblik word jy om elke hoek uitgedaag. Hoe hanteer ‘n mens die voortienerfase? ...........................................................................................................................................
Wat sou ons sonder daai vriendelike pers dinosourus en oulike oranje vissie gedoen het? Die TV sorg vir die heerlikste vermaak, maar watter invloed het dit nog op jou kinders? ...........................................................................................................................................
Spelterapie is soos ‘n goue sleutel wat jou kind se emosies kan ontsluit. Ons kyk wat dit behels en hoe dit werk. ...........................................................................................................................................
Wanneer ’n ouer probeer selfdood pleeg, ruk dit die mat onder ’n gesin uit. Hoe hanteer die ander ouer só ’n uiters sensitiewe situasie sodat die kinders heel anderkant uitkom? ...........................................................................................................................................
Enige kankerdiagnose is uiters traumaties. Indien dit boonop met ‘n jong kind gebeur, is dit lewensveranderend vir ‘n ganse familie. ...........................................................................................................................................
Jou tyd is min en jy kom nie by die kinders uit nie. Wat kan jy doen om dit te verander? ...........................................................................................................................................
Hoe hanteer jy dit as jou kind ongelukkig by die skool is? ...........................................................................................................................................
Kinders kan met die mees fantastiese stories vorendag kom. Alles klaarblyklik uit die duim gesuig. En soms doen dit skade. LiG het aan kenners gevra: Hoekom jok kinders? En wanneer moet hulle daarmee begin ophou? ...........................................................................................................................................
Rillers wat jou koue rillings gee, rekenaarspeletjies waar die koppe letterlik waai en ‘n internetwêreld wat jou nagte laat wakker lê. Wat is die effek van al dié dinge op tieners en kinders? ...........................................................................................................................................
Wanneer dit by dissipline kom is daar nie, soos met baie ander opvoedingstake, ‘n ‘one-size-fits-all’ oplossing nie. Elke kind verskil, jul gesinsdinamika is uniek en ouers se sienings en persoonlikhede verskil – dít alles bepaal die dissiplinestyl wat vir júlle gaan werk. Hoewel daar verskeie dissiplinestyle en –strategieë is, is daar ‘n paar punte wat - ongeag die dissiplinestyl - toegepas behoort te word om effektiewe dissipline te verseker. ...........................................................................................................................................
Die lewe is vol uitdagings, en dit vereis deursettingsvermoë. In 'n tyd waar onmiddellike bevrediging 'n sterk dryfkrag is, word dit al hoe belangriker dat ouers hulle kinders leer om met 'n taak vol te hou. Tot dit afgehandel is. Selfs al is dit nie altyd pret nie. ...........................................................................................................................................
Jou kinders sit liewer met die iPad in die hand as om boom te klim, maar wat doen dit aan hul lyfies? ...........................................................................................................................................
Dit is altyd groot nuus: kinders wat moor. Maar kinders wat ander seermaak of boelie is ‘n redelik algemene verskynsel. Wie maak hierdie monstertjies groot? Sekerlik nie jý nie. Tog nie in jóú huis nie. Of hoe? ...........................................................................................................................................
In ons voorkomsbehepte samelewing is tot kleuters deesdae bekommerd oor hoe hulle lyk. Met dié tegnieke kan jy vroeg vir ‘n gesonde liggaamsbeeld sorg. ...........................................................................................................................................
Sommige kinders werk gemaklik deur take en aktiwiteite, terwyl ander dit met minder selfvertroue aanpak. Daar is verskeie redes waarom kinders eerder besluit “ek kan nie” as om ‘n poging aan te wend om ‘n taak te bemeester of aan ‘n aktiwiteit deel te neem. ...........................................................................................................................................
Hoe kan jy jou kind help wat op skool nie die paal haal nie? ...........................................................................................................................................
Ek is drie jaar oud. My hele lewe lank nog gee mamma en pappa al hul aandag net aan my. Hulle speel en gesels met my. Wanneer ek gaan bad, kan ek lekker in die water speel en plas. Wanneer ons winkel toe gaan, bederf mamma of pappa my soms met iets lekkers of iets waarvan ek hou. Al die speelgoed in die huis is myne. Wanneer ons by vriende kuier, groet almal my vriendelik en maak ‘n bohaai oor hoe oulik ek is en hoe groot ek geword het. Nou verwag mamma ‘n nuwe baba! Wat ek nie verstaan nie, is waar het die baba vandaan gekom? Almal vertel my ‘n ander storie en ek weet nie meer wie om te glo nie. Dan is ek boonop bang dat alles gaan verander: gaan mamma en pappa nog net so lief vir my wees? Wie gaan met my speel, want ek hoor babas hou mammas baie besig. My speelgoed is vir my spesiaal, sê nou net die baba vat alles en breek dit! Ek weet darem nie van die hele baba-besigheid nie... ...........................................................................................................................................
Hoe weet jy wanneer jou kind vir byvoorbeeld oorslaap of 'n selfoon reg is? Kenners gee raad. ...........................................................................................................................................
Kyk met nuwe oë na huishoudelike artikels en span dit om jou kleinding te stimuleer. ...........................................................................................................................................
Jou peuter byt, stamp en slaan. Hoe keer ‘n mens sy aggressiwiteit voor dit ‘n nog groter probleem word? ...........................................................................................................................................
Ons kinders word elke dag met menige lewenseise gekonfronteer. Die kenners sê: Bemagtig hulle van jongs af met vaardighede om uitdagings met selfvertroue aan te pak. En om selfstandig te wees. ...........................................................................................................................................
Beyoncé dink dis fantasties, ons eie Amy Kleinhans-Curd sê dit werk beslis, maar kan jy regtig jou baba met flitskaarte leer? ...........................................................................................................................................
Sy’s iewers tussenin – sy’s nie meer die klein kabouter wat graag op jou skoot gekuier het nie, maar sy is ook nie heeltemal tiener nie. Die middeljarekind, tussen agt en twaalf, verteenwoordig ’n oorgang wat ouers soms magteloos laat voel, veral omdat ouerskapsraad vir die ouderdom skraps is. ...........................................................................................................................................
Jy doen als in jou vermoë om jou kuiken te beskerm, maar benadeel dit eintlik haar en haar toekoms? ...........................................................................................................................................
Wat doen ‘n ouer as die skool kort-kort bel en dit lyk asof jou kind handuit ruk? ...........................................................................................................................................
Hoe gemaak as jou kind permanent buierig is en jou nerwe dun raak? Kenners gee raad Sy’s dikmond as jy net in sy rigting kyk en ignoreer al die geselsies wat jy probeer aanknoop. Hoekom is jou kind voortdurend in ‘n slegte bui? ...........................................................................................................................................
Vandat haar kind in doeke is, groei ‘n ma saam met haar kleinding. Só leer sy hoe om ouerskap te hanteer. Nie almal het hierdie voorreg nie. Sommige vroue word skielik, sonder enige ervaring, blootgestel aan ál ma-wees se uitdagings. LIG het by sulke mammas gaan kuier. En by kenners gaan kers opsteek. ...........................................................................................................................................
Angstigheid is deel van menswees en dit kan selfs positief ingespan word as dit reg hanteer word. Maar ignoreer jy dit, kan dit ’n langtermyneffek op jou kind se persoonlikheid hê. ...........................................................................................................................................
Spelterapie kan deur die ouer soos volg aan ‘n kind verduidelik word/Play Therapy can be explained by the parent to a child in the following way: ...........................................................................................................................................
Daar is verskeie redes waarom gesinne opbreek. Ongeag die rede vir die egskeiding, is dit traumaties vir die kinders. Alles wat vir hulle bekend was gaan verander. Die gesin wat eens gelukkig was en uitstappies saam geniet het, is nou gebroke. In plaas van een huis soos tevore, moet die kind moontlik nou tussen twee huise rondtrek om tyd saam met albei ouers te kan deurbring. As die kind by die een ouers is, verlang hy na die ander ouer en andersom. Alhoewel trauma onafwendbaar is wanneer ouers skei, kan die trauma wel in ‘n mate beperk word wanneer die situasie reg hanteer word. ...........................................................................................................................................
Behaagslawe kan nie “nee” sê nie, is altyd bekommerd oor wat ander mense sal dink en wil net altyd almal tevrede stel. Hulle doen selde iets vir hulleself, verswyg hulle opinies en hou hulle gedagtes vir hulleself uit vrees dat iemand met hulle sal verskil ofontsteld sal wees oor hulle sienswyse. Hierdie soort gedrag word dikwels versterk deur die leiding van goed bedoelende ouers wat hulle kinders leer om almal tot elke prys gelukkig te hou. ...........................................................................................................................................
Help jou kind om doelwitte te stel. Kinders kan reeds op ‘n vroeë ouderdom leer beplan en doelwitte stel. Behalwe dat dit hulle motiveer, kweek dit ook die selfdissipline wat nodig is om take suksesvol af te handel. As kinders kan sien dat hulle die doel wat hulle vir hulleself gestel het – hoe klein ook al – bereik het, gee dit hulle selfvertroue en leer hulle dat daar sin is in die take wat hulle aanpak. ...........................................................................................................................................
Om jou kind met iets te betrap wat hy gesteel het, is vir ’n ouer ’n reuseskok en -teleurstelling. Dit is egter presies dié oomblik wat ’n deurbraak kan wees om jou kind te help. ...........................................................................................................................................
Om ‘n ouer te wees verg deursettingvermoë en harde werk. In die proses leer ouers wat hul kinders gelukkig maak, wat hulle motiveer en watter ouerskapstyl die beste werk. Foute is egter onvermydelik. ...........................................................................................................................................
Verlies en hartseer is deel van die lewe, maar jy kan jou kind help om op ‘n gesonde manier te rou, skryf Luisa van der Linde Enige mens wil die beste vir sy kinders hê en hulle ook van pyn en hartseer vrywaar, maar dis ongelukkig nie moontlik nie. Hoe gemaak as jou kind deur ‘n rouproses gaan? Kinders rou wanneer daar iets groots in hul lewe gebeur, soos die egskeiding van hul ouers, wanneer hulle verhuis of wanneer ‘n troeteldiere of geliefde doodgaan. Soms is dit nodig dat jy saam met jou kind verlies verwerk en afskeid neem. Op hierdie manier kan jy hom help om ‘n meer realistiese siening van die wêreld te ontwikkel en hom weerbaar teen terugslae maak.
Professionele hulp of spelterapie word sterk aanbeveel vir kinders wat ‘n geliefde aan die dood afgestaan het. ...........................................................................................................................................
Verantwoordelikheid is al klaar ‘n uitgerekte lang woord op papier. Die betekenis van die woord weeg nóg swaarder. Tog moet ouers hulle kinders van kleinsaf verantwoordelikheid leer, anders kan jou kind se lewe later in chaos verval.
Verantwoordelikhede is verwagtings wat aan ons gestel word. Dít wat God van ons verwag, is om ons verantwoordelikheid uit te voer. Dít wat ‘n ouer van ‘n kind verwag, is die kind se verantwoordelikheid om sy take uit te voer. Wanneer jy van jou kind verwag om sy kamer netjies te maak, is dit tog sy verantwoordelikheid om dit te doen. ...........................................................................................................................................
Ons kinders word nie in kokonne groot nie. Hulle leef in ons huise, hoor ons praat van geweld, beleefs soms self geweld. Hulle toekoms ten opsigte van werksgeleenthede is baie onseker, sosiale druk is hoog en huislike omstandighede is dalk nie na wense nie. Hoe leer ’n mens jou kind van hoop? Van die wáre hoop in die Here? ...........................................................................................................................................
First introduced in the 1920s and 1930s, play therapy provides a non-threatening environment in which children from as young as three years to 18 years of age are encouraged to share and deal with their emotions. It is also often used as a method of assessment and has proven particularly successful in children with special needs. Play therapy “is a way of counselling children and adolescents [where] the therapist mostly makes use of games, toys and other mediums such as clay, drawings and paintings to help the child or adolescent share and deal with emotions in a non-threatening environment,” explains Wietske Boon, a qualified play therapist. In addition, play therapy is a tool often used for emotional assessment, and the therapist will observe how the child or adolescent plays in order to determine the possible causes for disturbing or non-typical behaviour. Boon elaborates: “The objects of play and the patterns of play, as well as the willingness to make contact with the therapist, [are] used to understand the underlying rationale for behaviour both inside and outside the session.” ...........................................................................................................................................
Jy laai jou dogter by die skool op. Die motor se deur is skaars toegeklap of sy begin jou vertel van haar baie huiswerk, die eksamen wat voorlê, die netbalproewe, die taak waarvoor jy nog moet help inligting soek, die omsendbrief oor die entrepreneursdag en die toespraak wat voor die einde van die week uitgewerk moet wees. Intussen moet jy en jou man lang ure werk om die pot aan die kook te hou. Die druk waaraan almal, kinders inkluis, in die moderne samelewing blootgestel is, maak dit moeilike om perspektief te behou en mekaar positief te motiveer. ...........................................................................................................................................
Jou kinders verskil soos dag en nag en reageer uiteenlopend op dissipline. Moet daar dan twee stelle reëls wees?
“My oudste kan nie ‘n pak slae kry nie. Hy vat dit vreeslik persoonlik en huil ure ná die tyd nog. Hy voel tot in sy siel verontreg. My jongste vergeet ‘n pak slae binne sekondes. Hy kom sit op my skoot en soen my dadelik,” vertel een ma. ...........................................................................................................................................
Die manier hoe jy jou kind motiveer of dissiplineer, kan die verskil tussen sukses en mislukking vir hom beteken. Daar is nog ‘n hele paar maande oor voor die skooljaar tot ‘n einde kom en daar is reeds elke middag ‘n oorlog in die kleine oor huiswerk wat gedoen moet word. Jy wil nie straf en skree, karring of kla nie, maar gaan hy ooit besef hoe belangrik dit is om van jongs af verantwoordelik te wees?
Wanneer moet jy dissiplineer en hoe kan jy hom motiveer sonder om sy moed te breek? ...........................................................................................................................................
As jou kind permanent grootoog voor die kassie sit, is optrede noodsaaklik
Dit het so onskuldig begin: Jy het gou vir Sussie voor die TV gesit toe Barney op was sodat jy ‘n bondel wasgoed kon ingooi en later weer en weer... Nou huil sy elke keer as die I love you-liedjie, wat die einde van die program aandui, begin speel. ...........................................................................................................................................
Kenners sê jy kan jou kind van jongs af toerus om teen groepsdruk op te staan, skryf Luisa van der Linde Vra enige ma met ‘n kleuter en sy sal waarskynlik weet wie Teletubbies, Barney en Barbie Mariposa is. ‘n Ma met tieners in die huis, sal weer presies weet dat Justin Bieber, Selina Gomez en Jaden Smith nie in die tennisspan is nie, maar skatryk jong sterre is. Al wil jy nie noodwendig jou kinders aan wilde tienerakteurs, slegte gewoontes en parmantige gedrag blootstel nie, kan jy ongelukkig nie keer dat hulle van kleins af deur hul maats beïnvloed word nie. “Groepsdruk is die manipulasie deur ander mense, veral sy maats, om hom of haar iets te laat doen wat hulle nie noodwendig self sal doen nie. Soms is die groepsdruk baie subtiel sodat ‘n kind nie eers werklik daarvan bewus is nie,” meen Wietske Boon, ‘n Gautengse spelterapeut. ...........................................................................................................................................
Wanneer ouers ‘n kind na ‘n spelterapeut neem, is dit omdat die ouer/s of versorger/s bekommerd is ten opsigte van die kind se gedrag en/of emosionele welsyn. Die gedrag kan die oorsaak wees van ‘n spesifieke traumatiese gebeurtenis, maar in sommige gevalle weet die ouers nie wat die oorsaak is van hul kind se kommerwekkende optrede nie. ...........................................................................................................................................
Dissipline is die straf of gevolge vir verkeerde of negatiewe gedrag. Wanneer ‘n kind gedissiplineer word is dit belangrik dat hy/sy verstaan waarom die straf toegedien word. Dissiplinering is nie noodwendig fisiese straf nie, maar vir die skoolgaande kind kan dissipline byvoorbeeld die vermindering van ontspanningstyd beteken. ...........................................................................................................................................
Prestasie-angs is ‘n ernstige vrees om onsuksesvol te wees en ander mense se reaksie op die onsuksesvolheid. Prestasie-angs word veroorsaak deur akademiese of sosiale geleenthede en/of situasies waar daar van die kind verwag word om te presteer. Hierdie situasies kan byvoorbeeld voorkom wanneer daar van die kind verwag word om ‘n taak binne ‘n gegewe tyd, baie suksesvol te voltooi en/of situasies waarin die kind nie die nodige selfvertroue besit om dit te doen nie. ...........................................................................................................................................
Alle kinders het grense nodig om bewus te wees van watter gedrag aanvaarbaar en onaanvaarbaar is.
Grense behoort reeds gestel te word wanneer die kind nog ‘n baba is. Wanneer kinders blootgestel word aan grense op ‘n baie jong ouderdom raak hulle gewoond daaraan dat grense vir hulle gestel word. ...........................................................................................................................................
Motivering help kinders om harder te werk om hul doelwitte te bereik. Positiewe motivering kan beskryf word as enige gedrag wat kinders rede gee om hulle volle potensiaal te bereik. Positiewe motivering kan verbale bemoediging of belonings insluit. Motivering kan kinders help om beter te presteer en hul beste te gee. Gesonde motivering ontvang van ouers en onderwysers kan kinders aanspoor selfs tot in jong volwassenheid in terme van loopbaan keuses en om ‘n sukses van hulle beroepe te maak. ...........................................................................................................................................
Afknouerigheid is enige verbale of reaksionêre gedrag wat aggressief van aard is en wat aan ‘n ander persoon skade veroorsaak. Afknouerige gedrag is die gevolg van aggressie en/of oneffektiewe hantering van emosies. Afknouerigheid kan ook veroorsaak word deur die nabootsing van gedrag van invloedryke persone byvoorbeeld aggressiewe ouers, sibbe, vriende of filmsterre. Kinders leer deur ander se aksies te observeer en na te boots. ...........................................................................................................................................
Eerstens is dit nodig om te onderskei tussen depressie en hartseer emosies. Hartseer is kort-termyn emosies vir negatiewe of hartseer gebeure. Depressie is langdurige emosies en denke van hartseer, hulpeloosheid en negatiwiteit teenoor hom/haarself en die omgewing sonder dat daar noodwendig ‘n rede voor is. Depressie word veroorsaak deur ‘n wanbalans van die hormoon serotonien wat in die brein vrygestel word. Hierdie kondisie is iets wat die kind nie kan beheer of verander nie. ...........................................................................................................................................
Een van die reëls van die natuur is dat volwassenes na kinders moet omsien. In sommige huise in dit nie moontlik vir ‘n volwasse persoon of ouer om die kinders groot te maak nie. Sommige ouers werk ver van die huis aangesien dit die enigste geleentheid vir hulle is om ‘n inkomste te verdien. As gevolg van HIV/VIGS word baie kinders agter gelaat nadat een of albei ouers as gevolg van die virus gesterf het. ...........................................................................................................................................
Konflik tussen sibbe is ‘n normale en onafwendbare verskynsel in elke gesin. Miskien voel jy as ouers dat dit net jou kinders is wat baklei, maar dit kom voor in die beste gesinne. Sibbe leer om konflik situasies te hanteer deur middel van sibbe konflik. Hulle leer om hulself te verdedig en om standpunt in te neem. Hulle kry ook die geleentheid om konflik binne ‘n veilige omgewing te hanteer. ...........................................................................................................................................
Kinders bereik puberteit teen ongeveer twaalfjarige ouderdom. Gedurende hierdie fase ondergaan die kind baie emosionele en fisiese veranderinge wat hy/sy nie verstaan nie. ...........................................................................................................................................
|